Graad R  Registrasievorm

Die Studiebondel koste en Graad R informasie word gevind op hierdie bladsy.



Registrasie:



Graad R tot Graad 9 kan nou registreer en dadelik met studie begin. Geen oorstaan van die kurrikulum is nodig nie

Graad R Afrikaanse Registrasie 2021

  OUER / VOOG INFORMASIE      

Fisiese adres

REKENINGHOUER INFORMASIE  

Fisiese adres

Betaling opsies:                         

1 - R 2 796.00: Eenmalige betaling van die Studiebondel.

2 - 'n Depoito van R 1 490.00, gevolg deur 5 x paaiemente - R 279.20

Ons hef geen ekstra kostes vir ongemelde of verskuilde fooie nie!             

    REGISTRASIE PROSEDURE:

- Sodra u Aanlyn Registrasie Applikasievorm ingedien is, sal ons u spoedig kontak.

- 'n Deposito is betaalbaar met registrasie indien die Studiebondel nie ten volle betaal is nie.

- Sodra die Deposito / Volle bedrag ontvang is word 'n studente nommer toegeken.

- Die datum van aflewering sal met u bevestig word.

Graad R informasie:

In die veiligheid van u eie omgewing bied ons u die geleentheid om u kind akademies te bemagtig.

U sal kan verseker dat u kind al die persoonlike aandag en liefde kry soos net ’n ouer kan bied.


Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Diensverskaffer. Die KABV (CAPS) kurrikulum met vakke in Afrikaans of Engels word deur ons aangebied, vir Graad R tot Graad 9.


U sal nie genoodsaak wees om die kurrikulum te laat oorstaan tot die volgende jaar nie. Ons kurrikulum voldoen aan die Departement van Onderwys se vereistes.


Om u doel suksesvol te bereik verskaf ons 'n alles insluitende Studiebondel met al die nodige akademiese inligting, studiemateriaal, antwoordstelle, asook assessering. 



Die Growing Roots Studiebondel pakket is werklik bekostigbaar:         


   Ingesluit in u Graad R Studiebondel pakket:

- Registrasie en Administratiewe kostes vir die jaar

- 'n Werkboek vir die vakke - geen verdere onkoste vir die aflaai of druk van ander materiaal nie

- 'n Onderwysersgidsboek vir ouers of tutors

- Die Graad R Daaglikse Program

- Ons baie belangrike Skoolgereedheidstoets

- Assessering van die Skoolgereedheidstoets deur ons is ingesluit

- Na suksesvolle voltooing van die Skoolgereedheidstoets verskaf ons u kind se eerste Vorderingsverslag

- Alle bykomende inligting, dokumentasie en gedrukte studie materiaal

- Die jaarlikse koerier kostes vanaf Growing Roots Tuisonderrig na u is reeds ingesluit

- Alle informasie en dokumentasie om by die Departement van Onderwys te registreer soos bepaal deur die Bela Wet


* Ingesluit is 'n ervare onderwyser wat daagliks tot u beskikking is, u kan ons net skakel!



Verpligte vakke vir Graad R:   (Grondslagfase)

1) Afrikaans Huistaal

2) Wiskunde

3) Lewensvaardighede


Die volgende dokumente MOET ingehandig word:

1) Hierdie voltooide Registrasievorm

2) Gesertifiseerde ID afskrifte van ouers / wettige voogde (Rekeninghouer)

3) Gesertifiseerde afskrif van leerder se Geboortesertifikaat.


         ALGEMENE BEPALINGS EN VOORWAARDES:

Verseker asseblief dat u die korrekte bank besonderhede / rekening nommer gebruik wanneer betalings gemaak word.

As verwysing gebruik asseblief die Rekeninghouer se voorletters en van wanneer u ’n betaling doen.

*  Sodra die studentenommer toegeken is, moet hierdie studentenommer ook as verwysing gebruik word.


Indien u ’n maandelikse betalings opsie gekies het, moet die korrekte deposito soos aangetoon op die Growing Roots Tuisonderrig Registrasievorm en Kontrak Ooreenkoms betaal word. E-pos asseblief u Kontrak Ooreenkoms aan ons om u aanvaarding te bevestig.


Die ontvang van u betaling asook die Kontrak van Aanvaarding sal dien as bewys dat die Rekeninghouer instem tot die terme en voorwaardes soos vervat in die Registrasievorm/Kontrak Ooreenkoms, en dat die Studiebondelprys asook begin datum en finale datum van betaling aanvaar is.


Betalings word vooruit gedoen, en rekeninge word op die 25ste van elke maand gelewer vir betaling van die volgende maand se paaiement. - Standaard BTW regulasies geld. Ons fooie sluit BTW in.

       

Die Studiebondel koste soos aangedui in die Registrasievorm reflekteer die koste wat gepaard gaan met die vakke wat geselekteer is. Koerier kostes is reeds ingesluit. Ander kostes soos ekstra vakke word nie ingesluit by die Studiebondelprys nie en ’n addisionele rekeningstaat sal aan u gestuur word. - Hierdie kostes is nie terugbetaalbaar nie.


Die Suid – Afrikaanse Skolewet 84/1996 & BELA Wet

Artikel 3: Sodra ’n leerling skoolgaande ouderdom bereik het, moet die Ouer/Wettige Voog toesien dat die leerder ’n skool bywoon om opleiding te ontvang.

Artikel 51: Die Ouer / Wettige Voog moet by die Departement van Onderwys aansoek doen om ’n leerder wat die verpligte skoolgaande ouderdom is te registreer vir tuisonderrig indien ’n openbare of private skool bywoon nie bygewoon word nie.

                

KANSELLASIE VAN KONTRAK:

Growing Roots Tuisonderrig transaksies is onderhewig aan die Elektroniese kommunikasie en Transaksie Wet, no 25 van 2002.   

Ons kansellasie prosedure is dus gegrond op die riglyne soos voorgehou word deur die wet. 

Met verwysing na die Bela Wet moet ons ouers waarsku dat dit 'n oortreding van die wet is indien 'n kind nie onderrig                  ontvang nie.


KANSELLASIE PROSEDURE:  

Die Rekeninghouer moet asseblief ‘n E-pos stuur na info@growingroots.co.za om ons in kennis te stel waarom u wil kanselleer.

‘n Kansellasievorm wat die kansellasie syfers sal aantoon sal aan u per E-pos gestuur word. Die kansellasiefooi is betaalbaar voor of op maandeinde.


VERPLIGTE KANSELLASIE FOOIE:

i)    Indien die Studiebondel nog nie versend is of afgelewer is nie, mag ‘n kliënt binne twee dae vanaf die betaling gedoen is

      versoek dat die kontrak gekanselleer word. ‘n Kansellasiefooi van 30% is van dan van toepassing.

ii)   Indien die Studiebondel wel versend en afgelewer is mag die kliënt versoek dat die kontrak binne twee dae na ontvangs

      daarvan gekanselleer word. ’n 40% kansellasiefooi is hier van toepassing.

iii)  Indien die Studiebondel nie gebruik is nie en nie beskadig is nie mag die kliënt versoek om die Studiebondel terug te stuur.

      Die onus rus op die kliënt om te verseker dat al die boeke ongebruik is en in die oorspronklike kondisie is.

      ‘n Kansellasiefooi sal bepaal word nadat ons die Studiebondel geïnspekteer het. ‘n Minimum kansellasiefooi van 10% is

       van toepassing.

Enige adres verskaf deur die Rekeninghouer sal voortaan vir alle doeleindes die Rekeninghouer se adres van keuse wees vir die bediening van alle regsdokumente.


WANBETALING DEUR DIE REKENINGHOUER:

Die Rekeninghouer is verantwoordelik vir, en onderneem hiermee om al die uitgawes te betaal wat mag voortspruit as gevolg van wanbetaling deur die Rekeninghouer, insluitend alle regskostes tussen die prokureurs en kliënt, invorderingskommesaris, asook enige rente.

Geen afwyking van die geldigheid van enige terme en voorwaardes sal aangetas word nie, behalwe indien ‘n verteenwoordiger van Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. dit onderteken. 

 

Ons is reeds sedert 2000 betrokke by tuisonderrig. Deur ervaring weet ons om aan u ’n volledige produk te verskaf waar alles      reeds ingesluit is, asook om flink diens aan u te lewer.

Ons verskaf ook alle administratiewe en rekening informasie.

Koeriers is gekontrakteer om die aflewering van die Studiebondels te verseker.