REGISTREER U KIND VIR TUISONDERRIG, selfs al is u in die buiteland woonagtig!

seal with a white center and check mark.

VOLDOENDE CAPS | GRAAD R - 9

seal with a white center and check mark.

ONS VERSEND AAN KLIËNTE WERELDWYD

Graad R Registrasie

Lees asseblief die onderstaande registrasievorm en hou al die nodige dokumente gereed voordat u met u registrasie begin.

VERPLIGTE DOKUMENTE WAT INGEDIEN MOET WORD

  1. Hierdie voltooide Registrasievorm.
  2. Gesertifiseerde afskrifte van Ouers/Voogde se ID's (Rekeninghouer).
  3. Gesertifiseerde afskrif van leerder se geboortesertifikaat.
Boy writing in a notebook at a table, pencil in hand. Black and white photo.
Abacus with four rows of beads, all beads are aligned to the right.

Graad R Engels Registrasievorm

OUER / VOOG INLIGTING
Fisiese Adres
REKENINGHOUERINLIGTING
Fisiese Adres

Betaalopsies:

Studiebondel = R 2 796.00

1 - 'n Eenmalige betaling van die Studiebondel. 

2 - 'n Deposito van R 1 490.00, gevolg deur 5 x maandelikse paaiemente van R 261.20

* Ons hef geen verskuilde of bykomende fooie nie!

REGISTRASIEPROSEDURE: 

Dien u aanlyn registrasievorm in met alle vereiste dokumente aangeheg, en ons sal u kontak. 

'n Deposito is betaalbaar met registrasie indien die Studiebondelkoste nie met registrasie vereffen word nie. 

Sodra ons die Deposito/Eenmalige betaling ontvang, sal die studentenommer toegeken word. 

Die afleweringsdatum van die Studiebondelpakket sal gekommunikeer word.


'n Woord van waarskuwing - Behoudens die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, die Bela Wet van 2024 en enige toepaslike provinsiale wet moet ouers elke leerder vir wie hy of sy verantwoordelik is skool laat bywoon vanaf graad R op die eerste skooldag van die jaar waarin sodanige leerder die ouderdom van ses jaar bereik tot op die laaste skooldag van die jaar waarin sodanige leerder die ouderdom van 15 jaar bereik of Graad 9 sal voltooi, watter een ook al eerste plaasvind.


Ons versoek u dus vriendelik dat enige registrasievorm ingedien word met die opregte bedoeling om u kind in te skryf. Dit stel ons in staat om akkurate rekords te hou en die integriteit van die proses te handhaaf.


Let asseblief dat indien daar gevind word dat ‘n registrasie nie gedoen is met 'n optegte bedoeling om u kind te skryf nie, mag dit ons noodsaak om die Departement van Onderwys daarvan te verwittig aangesien ons toegewyd is om te verseker dat alle aansoeke eerlik is en in lyn is met regulatoriese vereistes.

Graad R inligting:

Ons bied jou die geleentheid om jou kind akademies te bemagtig in die veiligheid van jou tuisomgewing.


Jy kan verseker dat jou kind al die persoonlike aandag en liefde kry wat net 'n ouer kan bied!


  • Growing Roots Homeschooling (Edms) Bpk. is 'n geregistreerde Suid-Afrikaanse tuisskooldiensverskaffer.
  • Ons bied 'n KABV-gebaseerde kurrikulum met vakke in Engels en Afrikaans, van Graad R tot Graad 9.
  • Ons kurrikulum voldoen aan die vereistes van die Onderwysdepartement.
  • Daar sal geen nodigheid wees om die kurrikulum oor te rol nie.


Ons allesomvattende Studiebundel verskaf die akademiese inligting, studiemateriaal met antwoorde sowel as assesserings om jou in staat te stel om jou doel suksesvol te bereik.

Graad R Studiepakket Sluit in:

  • Registrasie- en Administratiewe Fooie: Alle kostes vir die jaar is ingesluit in die bundel.
  • Wetlike Nakoming: Ons verskaf al die inligting en dokumentasie wat u benodig om by die Departement van Onderwys te registreer, soos vereis deur die BELA-wet.
  • Koerierdienste: Jaarlikse koerierkoste van Growing Roots Homeschooling na u adres is volledig ingesluit.
  • Aktiwiteitsboeke: 'n Aktiwiteitsboek vir elke vak word voorsien—daar is geen ekstra koste om enige ander materiaal af te laai of te druk nie.
  • Onderwysersgids: Omvattende gidse vir ouers of tutors om die leerproses te lei.
  • Daaglikse Program: 'n Gestruktureerde Graad R Daaglikse Program om jou roetine te lei.
  • Bykomende inhoud: Enige verdere gedrukte studiemateriaal of inligting wat vir die kurrikulum benodig word.
  • Skoolgereedheidstoets: Ons noodsaaklike skoolgereedheidstoets is ingesluit om te verseker dat u kind voorbereid is.
  • Formele assesserings: Alle assesserings wat deur ons uitgevoer word, is in die pakket ingesluit.
  • Vorderingsverslagdoening: Na die suksesvolle voltooiing van die Skoolgereedheidstoets word u kind se heel eerste vorderingsverslag verskaf.
  • Kundige leiding: Ingesluit in jou pakket is toegang tot 'n ervare onderwyser wat elke dag tot jou beskikking is—bel ons gerus!
  • Registrasie-en administratiewe kostes vir die jaar is ingesluit
  • Registrasie-inligting by die Departement van Onderwys word in PDF-formaat verskaf.
  • Assessering van die Skoolgereedheidtoets is ingesluit
  • Bykomende inligting word in PDF-formaat verskaf
  • 'n Vorderingsverslag word na assessering uitgereik

VAKKE VIR GRAAD R:

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Wiskunde
  3. Lewensvaardighede

VERPLIGTE DOKUMENTE WAT INGEDIEN MOET WORD

  1. Hierdie voltooide Registrasievorm.
  2. Gesertifiseerde afskrifte van Ouers/Voogde se ID's (Rekeninghouer).
  3. Gesertifiseerde afskrif van leerder se geboortesertifikaat.

ALGEMENE BEPALINGS EN VOORWAARDES:

Wanneer u betalings doen maak asseblief seker dat die korrekte bankbesonderhede en rekeningnommer soos verskaf gebruik word. Die voorletters en van van die Rekeninghouer moet as verwysing gebruik word wanneer 'n volle betaling of deposito gemaak word soos aangedui is in die registrasievorm en die proformafaktuur. Nadat 'n betaling ontvang is, sal die studentenommer toegeken word.


Indien die maandelikse betalingsopsie gekies is, moet die korrekte depositobedrag wat op die Growing Roots Registrasievorm asook die Proformafaktuur aangedui is, betaal word.


Die ontvangs van 'n betaling sal dus dien as bewys dat u ingestem het tot die bepalings en voorwaardes soos uiteengesit op die Growing Roots Registrasievorm, die webtuiste bladsy en u Rekeninghouer Ooreenkoms.

U bevestig ook dat u die kwotasiebedrag sowel as die begin-en finale betaaldatum soos bepaal aanvaar.


Betalings word vooruit gemaak, en fakturering word op die 25ste van die maand vir die volgende maand gedoen.


Standaard BTW-regulasies geld. Ons fooie is BTW ingesluit.


Die koste van die Studiebundel soos aangedui op die Registrasievorm weerspieël die koste verbonde aan die huidige vakke soos aangedui word.

Die koste van ekstra vakke is nie ingesluit nie, en sal afsonderlik gefaktureer word.


Koerierkoste vanaf ons na u is ingesluit in die Studiebondelprys. 

Algemeen

Die Growing Roots-span is sedert 2000 betrokke by tuisonderrig. Ervaring het ons geleer om 'n omvattende produk te bied waar alles ingesluit is, gerugsteun deur vinnige, betroubare diens.


Ons verskaf ook alle nodige administratiewe en rekeningkundige inligting.


Koeriers is gekontrakteer om te verseker dat u Studiebundel-pakket betyds afgelewer word.