Studie Model
Growing Roots Tuisonderrig - Studie Model
Om 'n graad suksesvol te voltooi deur te registreer by Growing Roots Tuisonderrig is soveel minder gekompliseerd.
Hoe werk ons tuisonderrig program?
Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Diensverskaffer - ons is NIE geaffilieer met enige ander aanlyn skool of staatsbeheerde skole nie.
Ons verskaf 'n NKABV (CAPS) gebaseerde kurrikulum met vakke in Engels of Afrikaans vir
Graad R tot Graad 9 leerders.
Ons doelwit is om kwaliteit boeke, informasie asook die assesseering van die vakke te voorsien aan ouers wat verkies om hul eie program te volg, veral vir kinders wat nie 'n normale skool skedule of 'n vasgestelde roetine kan volg nie.
Sodra 'n leerder registreer ontvang die leerder al die studie materiaal, skryfboeke asook alle ander dokumentasie en belangrike inligting vir een van die betrokke twee semesters, of vir die jaar wat uit 4 x kwartale bestaan.
- Die werk in die Leerderboeke en Onderwysersgidse is ook verdeel in 4 x kwartale.
Die rede waarom ons sê dit is minder gekompliseerd om 'n graad te kan voltooi is omdat
onder normale omstandighede 'n leerder die werk vir elke spesifieke kwartaal voltooi waarna
formele assesseering gedoen word. word. - 'n Vorderingsverslag vir die spesifieke kwartaal
word uitgereik, en die leerder gaan voort met die volgende kwartaal ens.
Elke ouer kan dus hul eie program / rooster volg soos wat deur hul omstandighede bepaal
word.
- Weereens, alhoewel die vakke dieselfde bly beteken dit nou dat 'n leerder dus heeltemal
klaar is met die werk van 'n spesifieke kwartaal en dadelik kan voortgaan met die volgende
kwartaal sonder enige onderbreking.
- Sodra die vakke vir elke kwartaal suksevol voltooi en formeel ge-assesseer is, word die finale
Jaar-eind Rapport uitgereik wat die resultate van die vier kwartale sal reflekteer.
Indien die semester opsie gekies word, word die vakke verdeel tussen die twee semesters.
Graad 1 - 3
Eerste semester -> 2 vakke / Tweede semester, die ander twee vakke.
Graad 4 - 6
Eerste semester -> 3 vakke / Tweede semester, die ander drie vakke.
Graad 7 - 9
Eerste semester -> 5 vakke / Tweede semester, die ander vier vakke.
* Wiskunde word altyd in die eerste semester aangebied.
* Onthou dat 'n ervare onderwyser daagliks tot u beskikking is, sonder ekstra koste vir u.
Ons elke weeksdag beskikbaar indien u akademiese, rekening of administratiewe hulp
benodig. Stuur net 'n E-pos, WhatsApp of skakel ons.
Om u studies deur Growing Roots Tuisonderrig te doen is soveel meer bekostigbaar:
BETALING OPSIES:
1 - 6% Korting vir 'n Eenmalige betaling van die Studiebondel vir die jaar!
2 - 'n Deposito vir die Semester, gevolg deur 5 x maandelikse paaiemente.
* Volledige inligting vir Graad R tot Graad 9 met betrekking tot die vakke, Studiebondel koste
en invul van die Aanlyn Registrasievorms -> kies die REGISTRASIE opsie hierbo en kies dan
die spesifieke graad van u keuse.
REGISTREER NOU
Registreer vir ons Suid-Afrikaanse Tuisonderrig.
Vir jou gerief verskaf ons Engelse en Afrikaanse aanlyn registrasievorms.